Die kloosterorde[1] van die Karmeliete (Karmelbeweging, Ordo Carmelitarum, O.Carm., vroulik Karmelitesse) is 'n Rooms Katolieke bedelorde soos die Franciskane, Dominikane en Augustyne. Hulle onderskei hulle van die ander ordes deurdat hulle pleks van individuele armoede juis gesamentlike armoede bely. Vir hulle liggaamlike onderhoud is hulle afhanklik van eie werk of aalmoese.