Kensington | |
---|---|
Stadsdeel | |
Woongeboue in Kensington | |
Koördinate: 51°30′01″N 0°11′27″W / 51.50028°N 0.19083°W | |
Land | Verenigde Koninkryk |
Land | Engeland |
Graafskap | Groter Londen |
Borough | Royal Borough of Kensington and Chelsea |
Bevolking | |
• Totaal | 64 681 |
Tydsone | UTC±00:00 (MGT) |
• Somertyd | UTC+01:00 (BST) |
Poskode | SW7, SW5 |
Skakelkodes | 020 |
Kensington is 'n stadsdeel in die Wes-Londense distrik Royal Borough of Kensington and Chelsea. Die noordoostelike deel van die gebied word deur die Kensington-tuine (Kensington Gardens) beslaan, 'n vroeëre privaat tuin wat intussen in 'n openbare groen ruimte omskep is met Italiaanse en Nederlandse tuine, openbare geboue soos die monument vir prinsgemaal Albert, die Serpentine-galery en Speke se monument.
Die belangrikste winkelstraat in die stadsdeel is Kensington High Street, temidde van 'n digbevolkte en welgestelde buurt waarvan die museumdistrik Suid-Kensington met die musiekteater Royal Albert Hall en die Royal College of Music deel uitmaak. Ook baie ambassades van Europese lande is hier geleë.