Kinderarbeid

Karikatuur uit 1912
Jong meisie weef 'n mat in Marokko, 2008

Sommige arbeid kan baie voordelig vir 'n kind se ontwikkeling wees. Dit kan 'n kind leer om verantwoordelikheid te aanvaar en dit ontwikkel sekere vaardighede wat hom vir die res van sy lewe tot hulp sal wees.

Ongelukkig is daar miljoene kinders wat vandag in haglike omstandighede 'n bestaan moet voer. In die proses word hulle gesondheid, opvoeding, persoonlike en sosiale ontwikkeling en selfs hulle lewe in die spel geplaas. Hulle moet soms op jong ouderdom reeds werk om aan die lewe te bly. Hulle werk is baie keer gevaarlik en hulle werksure buitensporig… en in ruil daarvoor ontvang hulle 'n belaglike of geen salaris.


Developed by StudentB