Kniphofia | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Kniphofia Moench, (1794)
|
Spesies | |
| |
Sinonieme | |
|
Kniphofia (vuurpyle) is 'n genus wat hoort tot die aalwynfamilie. Dit verskil ten opsigte van die Aloe-genus in die volgende opsigte: die blare is nie vlesig nie en het 'n duidelike lengteverlopende rif (amper soos 'n kiel) aan die onderkant. Die bloeiwyses is altyd onvertak. Die nou-buisvormige blomme is gewoonlik dig saamgepak in die betreklik kort raseme. Hierdie genus verkies natter habitatte as aalwyne.