Komi

Komi
коми кыв, komi kif
Gepraat in: Vlag van Rusland Rusland 
Gebied: Republiek van Komi
Perm-krai
Totale sprekers: 390 000
Taalfamilie: Oeraals
 Fins-Oegries
  Fins-Permies
   Fins-Wolgaïes
    Fins-Samies
     Oosseefins
      Komi 
Skrifstelsel: Cyrilliese alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Republiek van Komi
Gereguleer deur:
Taalkodes
ISO 639-1: kv
ISO 639-2: kom
ISO 639-3: kom

Komi-Sirjeens (коми кыв, komi kif), ook bekend as net Komi of Sirjeens, is ’n Fins-Oegriese taal wat gepraat word deur die Komi-volke in die Noordoostelik-Europese deel van Rusland. Van die verskeie dialekte wat in Komi voorkom, word twee hoofdialekte erken, hoewel die verskille nie groot is nie: Komi-Sirjeens, die grootste groep, dien as die letterkundige basis in Komi; en Komi-Jazwa, wat gepraat word deur ’n klein, afgesonderde groep Komi's in die noordweste van die krai Perm en suid van Komi. Permjaaks (ook Komi-Permjaaks genoem) word gepraat in Komi-Permjak, waar dit letterkundige status het.

Komi-Sirjeens het ’n baie interessante geskiedenis wat die skryfstyl betref wat ongewoon is onder Fins-Oegriese tale. Die eerste skryfstelsel, die Oud-Permiese alfabet, is in die 14de eeu geskep deur die sendeling Stepan Chrap, wie se ma blykbaar ’n Komi van Weliki Oestjoeg was. Stepan het later ’n Komi-heilige geword. Die alfabet toon ooreenkomste met die Middeleeuse Griekse en Cyrilliese alfabet. In die 16de eeu is dit vervang deur die Russiese alfabet met sekere veranderings vir affrikate. In die 1920's is die taal geskryf in die Molodtsof-alfabet, wat ook van Cyrillies afgelei is. In die 1930's is oorgeslaan na die Latynse alfabet. Sedert die 1940's word die Russiese alfabet gebruik plus die bykomende letters І, і and Ӧ, ӧ.

Letters van die Molodtsof-alfabet sluit in:

Die Molodtsof-alfabet
А а Б б В в Г г Ԁ ԁ Ԃ ԃ Д д Е е Ж ж Ԅ ԅ Ԇ ԇ
И и Ј ј К к Л л Ԉ ԉ М м Н н Ԋ ԋ О о П п Р р
С с Ԍ ԍ Т т Ԏ ԏ У у Ф ф Х х Ч ч Ш ш Щ щ Ы ы

Developed by StudentB