Kommunistiese Party van China 中国共产党 Zhōngguó Gòngchǎndǎng | |
KPC | |
Embleem van die Kommunistiese Party van China
| |
Leier | Xi Jinping |
---|---|
Gestig | 23 Julie 1921[1] |
Nuusbrief | People's Daily |
Hoofkwartier | Zhongnanhai, Beijing, Volksrepubliek China |
Jeugvleuel | Kommunistiese Jeugliga |
Ideologie | Kommunisme, Sosialisme met Chinese kenmerke, Marxisme-Leninisme |
Internasionale affiliasie | Internasionale Vergadering van Kommunistiese en Werkerspartye |
Amptelike kleure | Geel en rooi |
Webblad | cpc.people.com.cn |
Die Kommunistiese Party van China (KPC) (Chinees, 中國共產黨 / 中国共产党, Zhōngguó Gòngchǎndǎng) is die party wat die Volksrepubliek China gestig het. Die party regeer sedertdien die land. Die party het tans 89,45 miljoen lede,[2] wat dit die tweede grootste politieke party in die wêreld maak na Indië se Bharatiya Janata Party.[3]
Die Kommunistiese Party van China is in 1921 gestig en is aanvanklik deur Chen Duxiu gelei, wat die algemene sekretaris van die sentrale komitee was. Vanaf 1943 tot 1982 was die hoogste posisie in die party die "voorsitter" gewees. In 1982 het die lede van die sentrale komitee gestem om die leier se titel weer na "algemene sekretaris" te verander. Xi Jinping is tans die party se algemene sekretaris.