Koninkryk Juda

Koninkryk Juda
c. 930-587 v.C.
'n Kaart van die Suid-Levant in die 9de eeu v.C., met Juda in donkerpienk.
'n Kaart van die Suid-Levant in
die 9de eeu v.C., met Juda in donkerpienk.
Noemnaam Juda
Status Koninkryk
Hoofstad Jerusalem
Taal Bybelse Hebreeus
Hoof Konings
Eerste koning Rehabeam
Laaste koning Sedekia
Opgevolg deur Jehoed
(Babiloniese provinsie)
Vandag deel van Israel
Palestina

Die Koninkryk Juda (Hebreeus: יְהוּדָה, Yəhūdā; Akkadies: 𒅀𒌑𒁕𒀀𒀀 Ya'údâ; Koninklike Aramees: 𐤁‬𐤉‬𐤕‬𐤃𐤅‬𐤃 Bēyt Dāwīḏ, "Huis van Dawid"), die Suidryk of die ryk van die Twee Stamme[1] was in die Ystertydperk 'n Semitiessprekende, landingeslote koninkryk van die Suid-Levant. Dit was gesentreer in die hooglande van Judea en die hoofstad was Jerusalem.[2] Jode is na Juda genoem en stam hoofsaaklik daarvan af.[3][4]

Die Hebreeuse Bybel beeld die Koninkryk Juda uit as 'n opvolgerstaat van die Verenigde Koninkryk Israel, 'n term wat gebruik word vir die verenigde koninkryk onder die Bybelse konings Saul, Dawid en Salomo. Dit dek die gebied van Juda en Israel. In die 1980's het sommige Bybelse geleerdes egter begin aanvoer dat die argeologiese bewyse vir 'n uitgebreide koninkryk voor die laat 8ste eeu v.C. nie genoegsaam is nie en dat daar fout is met die metodologie wat gebruik is om die bewyse in te samel.[5][6] Dit lyk of die gebied van Juda in die 10de en vroeë 9de eeu v.C. ylbevolk was en beperk was tot klein plattelandse nedersettings, waarvan die meeste nie met mure versterk was nie.[7]

Die Tel Dan-stele, wat in 1993 ontdek is, wys die koninkryk het ten minste teen die 9de eeu v.C. in die een of ander vorm bestaan, maar dit vertel nie hoe groot sy mag was nie.[8][9] Onlangse uitgrawings by Khirbet Qeiyafa ondersteun egter die bestaan van 'n sentraal georganiseerde, verstedelikte koninkryk teen die 10de eeu v.C., volgens die uitgrawers.[5][10]

In die 7de eeu v.C. het die koninkryk se bevolking baie toegeneem en het dit vooruitgegaan onder die vasalskap van die Nieu-Assiriese Ryk, ten spyte van Hiskia se opstand teen die Assiriese koning Sanherib.[11] Josia het van die politieke vakuum wat tussen Assirië se verval en die opkoms van Egiptiese heerskappy oor die gebied ontstaan het, gebruik gemaak om sy godsdienstige hervormings deur te voer. Deuteronomistiese geskiedenis, wat van die geskiedenis van die nasie vertel van Joshua tot Josia en 'n wêreldsiening uitdruk wat geskoei is op die wetlike beginsels in Deuteronomium, is vermoedelik in dié tyd geskryf en lê klem op die belangrikheid om die beginsels na te kom.[12]

Met die finale val van die Nieu-Assiriese Ryk in 605 v.C. het mededinging ontstaan tussen Egipte en die Nieu-Babiloniese Ryk oor beheer van die Levant. Dit het eindelik gelei tot Juda se vinnige agteruitgang. In die vroeë 6de eeu v.C. was daar 'n vlaag onderdrukkings van Egipties gesteunde opstande deur Juda teen die Babiloniese heerskappy. In 587 v.C. het Nebukadnesar II Jerusalem beleër en verwoes, en 'n einde aan die koninkryk gebring.[13][12] Baie Judese inwoners is na Babilon verban en die koninkryk is as 'n Babiloniese provinsie geannekseer.[12]

Nadat die Achaemenidiese Ryk Babilon oorgeneem het, het koning Kores die Grote die Jode wat verban is, toegelaat om terug te keer. Hulle is toegelaat om hulleself onder Persiese heerskappy te regeer. Eers 400 jaar later, ná die Makkabese Opstand, het die Jode hulle onafhanklikheid ten volle herwin.

  1. "Juda" in die WAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 20 November 2023.
  2. Finkelstein, Israel (1 Januarie 2001). "The Rise of Jerusalem and Judah: the Missing Link". Levant. 33 (1): 105–115. doi:10.1179/lev.2001.33.1.105. ISSN 0075-8914. S2CID 162036657.
  3. Legacy : a Genetic History of the Jewish People. Harry Ostrer. Oxford University Press USA. 2012. ISBN 978-1-280-87519-9. OCLC 798209542.{{cite book}}: AS1-onderhoud: ander (link)
  4. Adams, Hannah (1840). The history of the Jews : from the destruction of Jerusalem to the present time. Sold at the London Society House and by Duncan and Malcom, and Wertheim. OCLC 894671497.
  5. 5,0 5,1 Garfinkel, Yossi; Ganor, Sa'ar; Hasel, Michael (19 April 2012). "Journal 124: Khirbat Qeiyafa preliminary report". Hadashot Arkheologiyot: Excavations and Surveys in Israel. Israel Antiquities Authority. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Junie 2012. Besoek op 12 Junie 2018.
  6. Finkelstein, Israel; Fantalkin, Alexander (Mei 2012). "Khirbet Qeiyafa: an unsensational archaeological and historical interpretation" (PDF). Tel Aviv. 39: 38–63. doi:10.1179/033443512x13226621280507. S2CID 161627736. Besoek op 12 Junie 2018.
  7. Mazar, Amihai. "Archaeology and the Biblical Narrative: The Case of the United Monarchy". One God – One Cult – One Nation. Archaeological and Biblical Perspectives, red. Reinhard G. Kratz en Hermann Spieckermann in samewerking met Björn Corzilius en Tanja Pilger, (Beihefte zur Zeitschrift für die Alttestamentliche Wissenschaft 405). Berlin/ New York: 29–58. Besoek op 12 Oktober 2018.
  8. Grabbe, Lester L. (28 April 2007). Ahab Agonistes: The Rise and Fall of the Omri Dynasty. Bloomsbury Publishing USA. ISBN 978-0-567-25171-8.
  9. Cline, Eric H. (28 September 2009). Biblical Archaeology: A Very Short Introduction. Oxford University Press. ISBN 978-0-19-971162-8.
  10. Garfinkel, Yosef (Mei–Junie 2011). "The Birth & Death of Biblical Minimalism". Biblical Archaeology Review. 37 (3). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 September 2011. Besoek op 5 Julie 2012.
  11. Ben-Sasson, Haim Hillel, red. (1976). A History of the Jewish People. Harvard University Press. p. 142. ISBN 978-0-674-39731-6. Besoek op 12 Oktober 2018.
  12. 12,0 12,1 12,2 Lipschits, Oded (2005). The Fall and Rise of Jerusalem: Judah under Babylonian Rule. Penn State University Press. pp. 361–367. doi:10.5325/j.ctv1bxh5fd.10. ISBN 978-1-57506-297-6. JSTOR 10.5325/j.ctv1bxh5fd.
  13. Lipiński 2020, p. 94.

Developed by StudentB