| |||||
| |||||
Leuse: Suum cuique Jedem das Seine | |||||
Volkslied: Preußenlied Heil dir im Siegerkranz | |||||
Die Koninkryk Pruise in die Duitse Keiserryk 1871-1914 | |||||
Hoofstad | Berlyn | ||||
Taal/Tale | Duits | ||||
Regering | Monargie | ||||
Wetgewer | Parlement | ||||
Historiese tydperk | Nuwe Tyd | ||||
- Kroening van Hertog Friedrich III. | 18 Januarie 1701 | ||||
- Novemberrewolusie | 9 November 1918 | ||||
Oppervlakte | |||||
- 1910 | 348 780 km2 134 665 sq mi | ||||
Bevolking | |||||
- 1910 skatting | 40 016 000 | ||||
Digtheid | 114,7 /km² 297,2 /sq mi | ||||
Geldeenheid | Goldmark |
Die Koninkryk Pruise (Duits: Königreich Preußen) was 'n staat in Sentraal-Europa vanaf 1701 tot 1918 en is deur slegs een monarg regeer. Die Koninkryk was met die Kroning van Hertog Friedrich III. te Koning Friedrich I. op 18 Januarie 1701 in Königsberg gestig. Met die Unifikasie van Duitsland op 18 Januarie 1871 word die koning van Pruise ook die Keiser van Duitsland.
Met die nederlaag in die Eerste Wêreldoorlog het die laaste Duitse keiser en pruisiese koning Wilhelm II afstand van die troon gedoen, en vervolgens is 'n republikeinse staatsvorm gevestig. Op 9 November 1918 is die Vrystaat Pruise gestig, wat met die begin van die Derde Ryk weer ontbind is. Met die nederlaag in die Tweede Wêreldoorlog was Pruise uiteindelik verdeel in dele van Wes-Duitsland, Oos-Duitsland, Pole en Rusland.