| |||||
| |||||
Grondgebied van die Koninkryk van Engeland | |||||
Hoofstad | Winchester (tot 1066) Londen (vanaf 1066) • City of Westminster (administratief) • City of London (kommersiël) | ||||
Taal/Tale | Engels (de facto, tot 1066) Frans (de jure, 1066 – 15de eeu) Engels (de facto, het Frans geleidelik van die laat 13de eeu af vervang) Wallies (de facto) Kornies (de facto) | ||||
Godsdiens | Rooms-Katolieke Kerk (tot 1533 en vanaf 1553 tot 1558) Protestantisme (vanaf 1533 tot 1553 en sedert 1558) | ||||
Regering | Monargie | ||||
Monarg | |||||
- 927-939 | Athelstan (eerste) | ||||
- 1702-1707 | Anna (laaste) | ||||
Wetgewer | Parlement | ||||
Geskiedenis | |||||
- Vereniging deur Athelstan | 927 | ||||
- Normandiese verowering | 1066–1088 | ||||
- Act of Union 1535 | 1535–1542 | ||||
- Unie van die Krone | 24 Maart 1603 | ||||
- Glorieryke Rewolusie | 11 Desember 1688 | ||||
- Unie met Skotland | 1 Mei 1707 | ||||
Oppervlakte | |||||
- 1283 | 145 000 km2 55 985 sq mi | ||||
- 1542 | 151 000 km2 58 301 sq mi | ||||
Bevolking | |||||
- 1283 skatting | 500 000 | ||||
Digtheid | 3,4 /km² 8,9 /sq mi | ||||
- 1542 skatting | 3 000 000 | ||||
Digtheid | 19,9 /km² 51,5 /sq mi | ||||
- 1707 skatting | 5 750 000 | ||||
Digtheid | 38,1 /km² 98,6 /sq mi | ||||
Geldeenheid | Pond sterling |
Die Koninkryk van Engeland (Engels: Kingdom of England; Oud-Engels: Engla rice, letterlik "Koninkryk van die Engelse") was 'n staat in die suidelike deel van Groot-Brittanje in Wes-Europa wat bestaan het uit die moderne lidlande van die Verenigde Koninkryk, Engeland en Wallis en die moderne regsentiteit Engeland en Wallis.
Die vernaamste koninklike woning was in Winchester, in Hampshire, maar Londen en Gloucester het byna gelyke status gehad. Londen het teen die begin van die 12de eeu die de facto-hoofstad geword. Dit het gedien as die hoofstad van die koninkryk tot met die samesmelting daarvan met die Koninkryk van Skotland in 1707 (sien Acts of Union 1707) en bly steeds die belangrikste stad in Engeland. Dit het ook gedien as beide die hoofstad van die Koninkryk van Groot-Brittanje (1707–1801) en van die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland (1801–1922). Vandag is dit die hoofstad van die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-Ierland (die "Verenigde Koninkryk").
Die huidige monarg van die Verenigde Koninkryk, koningin Elizabeth II, is die moderne opvolger van die monarge van Engeland. Die titel koningin (en koning) van Engeland is sedert 1707 streng gesproke nie korrek nie, maar word steeds algemeen gebruik.