Deel van ’n reeks oor die |
Wêreldgeskiedenis en voorgeskiedenis |
---|
↑ Voor Homo (Plioseen-epog) |
Voorgeskiedenis (drietydperkstelsel) |
|
Aangetekende geskiedenis |
|
↓ Toekoms (Holoseen-epog) |
Die Kopersteentydperk, ook bekend as die Kopertydperk of Eneolitikum (van die Latynse aeneus, "van koper"), is ’n argeologiese tydperk wat navorsers nou beskou as deel van die groter Neolitikum (die laaste deel van die Steentydperk). Vroeëre geleerdes het dit omskryf as ’n oorgangstydperk tussen die Neolitikum en Bronstydperk.
Koper het in die Kopersteentydperk die metaalwerktegnologie oorheers. Dit is dus die tyd voor die ontdekking dat die byvoeging van tin by koper brons tot gevolg het, ’n allooimetaal wat harder en sterker as enige van die twee komponente is.
Die argeologiese terrein Belovode, op die Rudnikberg in Serwië, het die oudste bewyse ter wêreld van kopersmelting by hoë temperature, van omstreeks 5000 v.C.[1][2] Die oorgang van die Kopertydperk tot die Bronstydperk in Europa het geskied van die laat 5de tot die laat 3de millennium v.C. In die antieke Nabye Ooste het die Kopertydperk min of meer in dieselfde tyd begin en ’n millennium geduur voordat die vroeë Bronstydperk begin het.