| |||||
| |||||
Leuse: 광명천지/光明天地 (Verlig hemel en aarde) | |||||
Volkslied: 대한제국 애국가/大韓帝國愛國歌 (Patriotiese volkslied van die Groot-Koreaanse Ryk) | |||||
Die Koreaanse Keiserryk tussen 1903 en 1905 | |||||
Hoofstad | Hanseong (nou Seoel) 37°33′N 126°59′O / 37.550°N 126.983°O | ||||
Taal/Tale | Koreaans | ||||
Godsdiens | Konfusianisme Boeddhisme Sjamanisme Taoïsme Christendom Cheondoïsme | ||||
Regering | Monargie | ||||
Keiser | |||||
- 1897–1907 (eerste) | Gwangmu | ||||
- 1907–1910 (laaste) | Yunghui | ||||
Generaal-resident | |||||
- 1905–1909 (eerste) | Itō Hirobumi | ||||
- 1909–1910 (laaste) | Terauchi Masatake | ||||
Eerste minister | |||||
- 1894–1895 (eerste) | Kim Hong-jip | ||||
- 1907–1910 (laaste) | Lee Wan-yong | ||||
Wetgewer | Jungchuwon (tot 1907) geen (heerskap deur dekreet) (van 1907 af) | ||||
Historiese tydperk | Nuwe tyd | ||||
- Keiserryk uitgeroep | 13 Oktober 1897 | ||||
- Grondwet goedgekeur | 17 Augustus 1899 | ||||
- Eulsa-verdrag | 17 November 1905 | ||||
- Den Haagse Geheime Gesantsaak | Julie 1907 | ||||
- Japannese anneksasie | 29 Augustus 1910 | ||||
Bevolking | |||||
- 1900[1] skatting | 17 082 000 | ||||
Geldeenheid | Yang (1897–1900) Won (1900–1910) |
Die Koreaanse Keiserryk (Koreaans: 대한제국, Hanja: 大韓帝國, Daehan Jeguk, Taehan Cheguk, letterlik: "Keiserryk Groot-Korea"), amptelik die Keiserryk Korea of Keiserlike Korea,[2] was 'n Koreaanse monargie wat in Oktober 1897 deur koning Gojong van die Joseon-dinastie uitgeroep is. Die keiserryk het bestaan tot Japan se anneksasie van Korea in Augustus 1910.
Gedurende die Koreaanse Keiserryk se bestaan het keiser Gojong toesig gehou oor die Gwangmu-hervorming, 'n geleidelike modernisering en verwestersing van Korea se weermag, ekonomie, grondstelsel, onderwysstelsel en verskeie nywerhede. In 1905 het die Koreaanse Keiserryk 'n protektoraat van die Japannese Keiserryk geword. Ná die Japannese anneksasie in 1910 is die Koreaanse Keiserryk ontbind. Die Koreaanse Keiserryk was tot op hede die laaste onafhanklike Koreaanse staat wat die hele Koreaanse Skiereiland beheer het.