Korsikaans corsu | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Frankryk | |
Gebied: | Korsika Sardinië | |
Totale sprekers: | 127 000[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Romaans Suid-Romaans Korsikaans | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Korsika | |
Gereguleer deur: | Instituut van Korsikaans | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | co
| |
ISO 639-2: | cos
| |
ISO 639-3: | cos
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Korsikaans (corsu) is die Romaanse taal wat op die eiland Korsika gepraat word. Dit is 'n variant van Toskaans ('n Italiaanse dialek). Daar is ook 'n Korsikaanse Wikipedia.
Korsikaans, veral Suid-Korsikaans, is tewens nou verwant aan Gallurees wat in die noorde van Sardinië gepraat word. Daar bestaan meningsverskille oor of Noord-Sardyns Korsikaans is, of Suid-Korsikaans 'n variant van Gallurees is, maar dat daar verwantskap bestaan word nie betwyfel nie.