Kostuums

Kostuums van Al die Nasies – Franke A.D. 800 (1882) Voorbeelde van 'n verskeidenheid van kostuums wat geskik is vir spesifieke individue gedurende 'n bepaalde tydvak. In later tydvakke kan outentieke kostuums herleef of gekopieër word vir teaterdoeleindes.

Kostuums is die kenmerkende styl van 'n rok of uitrusting van 'n individu of groep wat hul klas, geslag, beroep, etnisiteit, nasionaliteit, aktiwiteit of epog weerspieël. Die term is ook tradisioneel gebruik as beskrywing vir tipiese toepaslike klere vir sekere aktiwiteite soos rykostuum, swemkostuum, danskostuum en aandkostuum. Aanvaarbare en toepaslike kostuums is onderhewig aan veranderinge in die modebedryf asook plaaslike kulturele standaarde.

Hierdie algemene gebruik is geleidelik deur die jare vervang met die terme "rok", "klere" of "drag" en die gebruik van die term "kostuum" word deesdae meer gebruik vir die beskrywing van ongewone drag of drag uit 'n ander era of klere wat bedoel is om identiteit te verander soos in 'n teater, vir Halloween vieringe of karakter kostuums. Voordat klerevervaarding op groot skaal begin het, is alles met die hand gemaak. Wanneer dit vir kommersiële verkoop vervaardig is, tot so laat as die 21ste eeu, is dit dikwels deur vrouens vervaardig, wat besighede bestuur het waar ingewikkelde of intieme vroulike kostuums op aanvraag gemaak is, insluitende hoedemakery en vormdrag.


Developed by StudentB