Krim-Tatare | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 475 000–6 500 000 |
Belangrike bevolkings in: | Krim 246 073 Turkye 150 000–6 000 000[1] |
Taal: | Krim-Tataars, Turks, Oesbekies, Russies, Oekraïens |
Geloofsoortuiging: | Soennitiese Islam |
Verwante etniese groepe: | Ander Tartare soos Dobroedja-Tartare, Siberiese Tartare en Wolga-Tartare; Nogais, Turke |
Die Krim-Tatare of Krim-Turke (Krim-Tataars: Qırımtatarlar of Qırımlar, Turks: Kırım Tatarları of Kırımlılar, Russies: Крымские Татары of Крымцы, Oekraïens: Кримські Татари of Кримці) is 'n Turkse etniese groep inheems aan die Krim-skiereiland. Hulle praat Krim-Tataars, 'n Turkse taal, as moedertaal en Turks, Oesbekies, Russies of Oekraïens as tweede taal. Die Krim-Tatare is hoofsaaklik aanhangers van die Soennitiese Islam.
Krim-Tatare vorm die derde grootste etniese groep in die Krim na die Russe en die Oekraïners, sowat 12,1% van dié skiereiland se bevolking volgens die sensus van 2001. Naas die Krim leef die meeste Krim-Tatare in Turkye, tussen 150 000 en ses miljoen mense. Krim-Tatare verskil aansienlik van ander Tartare en hulle word dus – veral van die Turke in Turkye (Turkye-Turke) – Krim-Turke genoem. Krim-Tataars is ook nader verwant aan Turks as aan Tartaars, omdat dit uit 'n plaaslike variant van Ottomaanse Turks ontwikkel het.[7]