Kruiskoppeling

'n Kruiskoppeling in werking

'n Kruiskoppeling (of kardaniese koppeling, Engels; universal joint) is 'n skakel wat rotasie tussen twee aste kan oordra wat nie saamlynig is nie. Dit laat die as toe om in verskillende rigtings te buig terwyl dit roteer. 'n Belangrike nadeel van die kruiskoppeling is dat die hoeksnelheid waarmee die twee aste draai nie altyd gelyk aan mekaar is nie. Om hierdie probleem te oorkom word daar in sommige gevalle van 'n homokinetiese koppeling gebruikgemaak.


Developed by StudentB