'n Kubus, heksaëder, of sesvlak, is 'n platoniese veelvlak (of platoniese vaste liggaam) wat uit ses vlakke bestaan wat almal vierkante is en in agt hoekpunte saamkom. Daar is 12 sye wat almal hoeke met mekaar maak wat gelyk is aan 90°.
Die inhoud van 'n kubus word bereken deur die formule a³ (dus a.a.a), waar "a" gelykstaande aan die hoogte van die kubus is.
Die oppervlak word bereken deur die formule 6 × a², waar "a", weereens, gelykstaande aan die hoogte van die kubus is.
Die diagonaal van 'n kubus kan bereken word deur die formule , met "a" gelykstaande aan die hoogte van die kubus.
Platoniese vaste liggame | |||||
---|---|---|---|---|---|
Naam | tetraëder | heksaëder | oktaëder | dodekaëder | ikosaëder |
Puntgroep | Td | Oh | Oh | I | I |
Vlakke | 4 | 6 | 8 | 12 | 20 |
Vlaksoort | driehoek | vierkant | driehoek | vyfhoek | driehoek |
Hoekpunte | 4 | 8 | 6 | 20 | 12 |
Sye | 6 | 12 | 12 | 30 | 30 |