LIBRIS (Library Information System) is ’n Sweedse nasionale katalogus wat deur die Nasionale Biblioteek van Swede in Stockholm bestuur word.[1] Dit is moontlik om sowat 6,5 miljoen titels landwyd te deursoek.[2]
Benewens ’n bibliografiese rekord vir elke boek of publikasie, bevat LIBRIS ook ’n lêer oor mense. Die masjienleesbare kode vir die katalogus is SE-LIBR, gewoonlik geskryf selibr.[3]