Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Frankryk |
Région (gewes) | Nieu-Akwitanië |
Département | Charente-Maritime |
Koördinate | 46°10′N 1°9′O / 46.167°N 1.150°O |
Stigting | 9de eeu |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 28,43 vk km |
Hoogte bo seevlak | 5 m (0-28 m) |
Bevolking: | |
- Totaal (1 Januarie 2016) | 75 736 |
- Bevolkingsdigtheid | 2 663,9/vk km |
Tydsone | UTC+1 |
- Somertyd | UTC+2 |
Burgemeester | Jean-François Fountaine |
Amptelike webwerf | La Rochelle |
La Rochelle is 'n stad in die suidweste van Frankryk en die hoofstad (prefektuur) van die département Charente-Maritime met 'n bevolking van 75 736 (soos op 1 Januarie 2016). Die stad is aan die Golf van Biskaje geleë.
La Rochelle was eeue lank die grootste Franse seehawe aan die Atlantiese Oseaan - 'n status waaruit 'n groot verskeidenheid internasionale bande voortgespruit het. So het die stad 'n belangrike rol by die stigting van Franse kolonies in Noord-Amerika gespeel. Vandag het La Rochelle steeds 'n kosmopolitiese karakter - en beskik oor een van die grootste jaghawens ter wêreld, die Port de Plaisance de Minimes. Sy leuse - «La Rochelle, belle et rebelle» - weerspieël die selfbewuste optrede van sy bevolking gedurende die stad se Protestantse geskiedenis wat 'n tragiese einde gehad het.
Danksy sy kenmerkende wit sandsteengeboue staan La Rochelle in Frankryk bekend as la ville blanche - "die wit stad". Die stad word deur 'n brug met 'n lengte van 2,9 kilometer met die eiland Île de Ré verbind. Sy hawe lê aan die einde van 'n beskermde seestraat, die Pertuis d'Antioche.