Laekosteredery

EasyJet, 'n laekostelugredery.

'n Laekostelugredery, ook bekend as 'n geen fieterjasies ("no-frills"), afslag- of begrotingslugredery, of LCC ("Low-cost carrier") is 'n lugredery wat oor die algemeen laer tariewe aanbied maar met minder geriewe. Om op te maak vir verlore inkomste weens afgemerkte kaartjiepryse, kan die lugredery fooie hef vir ekstras soos kos, prioriteit-instap, sitplektoekenning, bagasie, ens.

Tans is die wêreld se grootste laekosteredery South West Airlines, wat in die Verenigde State van Amerika en 'n paar omliggende gebiede opereer.


Developed by StudentB