Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Finland |
Landskap | Suid-Finland |
Provinsie | Päijät-Häme |
Koördinate | 60°59′N 25°39′O / 60.983°N 25.650°O |
Stigting | 1878 |
Stadstatus | 1 November 1905 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 517,63 vk km[1] |
- waarvan land | 459,47 vk km |
Hoogte bo seevlak | 81–170 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2022) | 120 175[2] |
- Bevolkingsdigtheid | 232,2/vk km |
Tydsone | UTC +2 (OET) |
- Somertyd | UTC +3 (OEST) |
Klimaat | |
- Tipe | Kontinentaal-gematig |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 4,7 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | −5,9 / 17,2 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 637,7 mm |
Burgemeester | Pekka Timonen |
Amptelike webwerf | lahti.fi |
Lahti (Fins: [ˈlɑxti]; Sweeds: Lahtis) is 'n stad en munisipaliteit in Suid-Finland. Met 'n oppervlakte van 517,63 vierkante kilometer en 'n bevolking van 120 175 (2022) is dit die negende grootste stad in dié land ná Helsinki (Helsingfors), Espoo (Esbo), Tampere (Tammerfors), Vantaa (Vanda), Oulu (Uleåborg), Turku (Åbo), Jyväskylä en Kuopio.
Lahti is geleë aan die suidpunt van een van Finland se grootste meerstelsels (die Vesijarei-Päijännemeer) ongeveer 100 km noordoos van Helsinki. Dit is 'n uitstekend uitgelegde moderne stad en is eers in 1878 gestig. Deesdae is dit die middelpunt van Finland se meubelbedryf; ander nywerhede lewer sellulose, papier, laaghout en vuurhoutjies (al hierdie produkte kom van hout uit die woude om die stad), skoene en glas.
Lahti is op vier na die grootste stad in Finland; sy bevolking, wat in die laaste dekade of twee sterk gestyg het, is tans meer as 100 000. Lahti is ook die belangrikste wintersportsentrum in Finland en beskik oor 'n hoë springtoring vir skiërs.