Leica Camera AG | |
Tipe | AG (Duitse aandelemaatskappy) |
---|---|
Gestig | 1849 / 1986 |
Hoofkantoor | Wetzlar, Duitsland |
Industrie | Optiese bedryf |
Produkte | Digitale kameras, verkykers |
Inkomste | 296,8 miljoen € (fiskale jaar 2011/12) |
Werknemers | 1300 (2012) |
Webwerf | www.leica-camera.com |
Leica Camera AG (Leica is 'n afkorting van Leitz(sche) Camera) is 'n belangrike Duitse maatskappy in die optiese bedryf wat hom op die vervaardiging van kameras en verkykers toegespits het. Die huidige aandelemaatskappy Leica Camera AG het in 1986 uit die Ernst Leitz Wetzlar GmbH ontstaan. Die GmbH of beperkte maatskappy het teruggegaan op 'n ouer onderneming, die Optische Institut, wat deur Carl Kellner in 1849 in Wetzlar in die huidige Duitse deelstaat Hesse gestig is.