Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Sakse |
Koördinate | 51°20′N 12°22′O / 51.333°N 12.367°O |
Stigting | Omstreeks 900 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 297,8 vk km |
Hoogte bo seevlak | 113 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2020) | 597 493[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 2 006/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Burgemeester | Burkhard Jung (SPD) |
Amptelike webwerf | www.leipzig.de |
Leipzig (Duits: [ˈlaɪ̯pt͡sɪç], ) is die grootste stad in die Duitse deelstaat Sakse aan die Pleißerivier, 145 kilometer suidwes van Berlyn, met meer as 'n halfmiljoen inwoners. Saam met die stad Halle vorm dit 'n metropolitaanse gebied en maak ook deel uit van die sogenaamde Sachsendreieck (Driehoek van Sakse) met drie groot stedelike agglomerasies – naas Leipzig-Halle word Chemnitz-Zwickau en Dresden hierby gereken. Danksy sterker bevolkingsgroei in die vroeë 21ste eeu het Leipzig by Bremen verbygesteek om die tiende grootste stad in Duitsland te word.
Die naam van die stad is afgelei van die Slawiese Lipsk of "Plek van lindebome". Lipsk is ook die Sorbiese naam van Leipzig. Sedert die 19de eeu dra die stad die poëtiese bynaam "Klein-Parys" of "Pleiß-Athene".