Lenarivier | |
---|---|
Die Lenarivier naby Jakoetsk. | |
Die stroomgebied van die Lena. | |
Oorsprong | Baikalgebergte (Rusland) |
Monding | Rusland Noordelike Yssee |
Stroomgebied | Rusland |
Lengte | 4 472 km |
Oorspronghoogte | 1 640 m |
Mondinghoogte | 0 m |
Gemiddelde afloop | 16 871 m³/s |
Stroomgebiedopp. | 2 500 000 km² |
Kaart van die Lena-bekken in Asië.
|
Die Lenarivier (Russies: Ле́на) is die mees oostelike rivier van die drie groot Siberiese riviere wat in die Noordelike Yssee vloei (die ander twee is die Ob- en die Jenisei). Dit is die 10de langste rivier in die wêreld en die grootste Russiese rivier waarvan die hele stroomgebied binne die landsgrense val.