Die Leo I-dwergsterrestelsel is ’n sferoïdale satellietstelsel van die Melkweg in die sterrebeeldLeeu (Leo). Teen ’n afstand van 820 000 ligjare van die Son af, is dit een van die Melkweg se verste satelliete. Dit is in 1950 deur Albert George Wilson ontdek op fotoplate van die National Geographic Society in Washington, D.C. se Palomar-sterrewag-lugopname.[1][2]
↑"Leo I". SEDS Messier Database (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Augustus 2011. Besoek op 15 Mei 2006.
↑Van den Bergh, Sidney (2000). Galaxies of the Local Group (1st uitg.). Cambridge University Press. pp. 243–245. ISBN0-521-65181-6.