Levi Eshkol לוי אשכול (he) | |
In 1964 | |
Minister van Behuising
| |
Ampstermyn 31 Mei 1965 – 12 Januarie 1966 | |
Voorafgegaan deur | Joseph Aharon Almogi |
---|---|
Opgevolg deur | Mordechai Bentov |
Ampstermyn 26 Junie 1963 – 26 Februarie 1969 | |
Voorafgegaan deur | David Ben-Gurion |
Opgevolg deur | Yigal Allon (wnd.) |
Minister van Verdediging
| |
Ampstermyn 26 Junie 1963 – 5 Junie 1967 | |
Voorafgegaan deur | David Ben-Gurion |
Opgevolg deur | Moshe Dayan |
Minister van Finansies
| |
Ampstermyn 25 Junie 1952 – 26 Junie 1963 | |
Voorafgegaan deur | Eliezer Kaplan |
Opgevolg deur | Pinhas Sapir |
Minister van Landbou
| |
Ampstermyn 8 Oktober 1951 – 25 Junie 1952 | |
Voorafgegaan deur | Pinhas Lavon |
Opgevolg deur | Peretz Naftali |
Lid van die Knesset
| |
Ampstermyn 20 Augustus 1951 – 26 Februarie 1969 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Levi Yitzhak Shkolnik 25 Oktober 1895 Orativ, Russiese Ryk (tans Oekraïne) |
Sterf | 26 Februarie 1969 Jerusalem, Israel |
Politieke party | Hapoel Hatzair (1913-1930), Mapai (1930-1968), Ha'Avoda (Arbeidsparty, 1968-1969), boonop: HaMa'arakh (Die Belyning, 1965-1968) |
Eggenoot/-note | Rivka Maharshak (geskeide 1927), Elisheva Kaplan († 1959), Miriam Zelikowitz († 2016) |
Kind(ers) | 4 |
Lojaliteit | Verenigde Koninkryk |
Eenheid | Joodse Legioen (1918-1920) |
Levi Eshkol (1895 - 1969) was 'n Israelse politikus wat aan die linkse Mapai- en Ha'Avoda-partye behoort het.
Hy was vanaf 1952 tot 1963 die minister van Finansies, van 1963 tot 1967 van Verdediging, en van 1963 tot 1969 die derde eerste minister van Israel gewees. Hy is in die amp oorlede as gevolg van 'n hartaanval. Tydens sy premierskap het die Sesdaagse Oorlog in 1967 plaatsgevind.
Eshkol was in die Russiese Ryk gebore, en het in 1914 na die Ottomaanse Palestina geëmigreer. Hy het by die Joodse Legioen aangesluit, wat aan die Britse kant teen die Ottomaanse Ryk geveg het, en was mede-oprigter van die Joodse vakbond Histadrut en die Joodse paramilitêre organisatie Hagana (lid van 1920 tot 1948 gewees). In 1937 het hy die watermaatskappy Mekorot opgerig, wat hy tot 1951 gelei het. Eshkol het onder ander ook bestuursposte by die Hapoel Hatzair-party, die Wêreld Sionistiese Kongres, op die ministerie van Verdeding en by die Joodse Agentskap beklee.