Die Livingstone-gedenkteken wat in 1902 opgerig is, dui die plek aan waar die sendeling-ontdekkingsreisiger David Livingstone op 1 of 4 Mei 1873 oorlede is[1] in hoofman Tjitambo se stat by Ilala naby die oewer van die Bangwêoeloemoerasse in Zambië. Sy hart is daar begrawe onder 'n Worsboom (mpundu of mvula) deur sy getroue bediendes Tjoema, Soeza, Mnjasere en Vtjopere, voordat hulle na die kus vertrek het met sy liggaam.[2] In hulle geselskap was 'n geletterde swartman genaamd Jacob Wainwright, wat die inskrif "LIVINGSTONE MAY 4 1873" en die name van die bediendes op die boom aangebring het.[3]