Loch Lomond | |
---|---|
'n Uitsig oor Loch Lomond | |
Kaart van Loch Lomond, ca. 1800 | |
Koördinate: | 56°05′N 4°34′W / 56.083°N 4.567°W |
Ligging: | Skotland (Verenigde Koninkryk) |
Soort: | Binnemeer |
Oppervlakte: | 71 km² (27,5 myl²)[1] |
Maksimum diepte: | 153 m (502 vt)[2] |
Volume: | 2,6 km³ (0,62 myl³) |
Lengte: | 36,4 km (22,6 myl)[1] |
Breedte: | 8 km (5 myl) |
Opvangsgebied: | 696 km² (269 myl²) |
Invloei: | Endrick, Fruin, Falloch |
Uitvloei: | Leven |
Eiland/e: | 60 (Inchcailloch, Inchmurrin, Inchfad) |
Nedersettings: | Balloch, Ardlui, Balmaha, Luss, Rowardennan, Tarbet |
Loch Lomond ([ˈlɒx ˈloʊmənd]; Skots-Gaelies: Loch Laomainn) is 'n varswater-loch in Skotland wat sowat 23 km noordwes van Glasgow geleë is en deel uitmaak van die Nasionale Loch Lomond-en-Trossachs-park, die eerste nasionale park in Skotland wat in 2002 gevestig is.
Volgens sy wateroppervlakte is Loch Lomond die grootste meer op die Britse Eilande.[3] 23 eilande is in die loch geleë, insluitende Inchmurrin, die grootste varswatereiland op die Britse Eilande.[4]
Loch Lomond strek oor die sogenaamde Hooglandgrensbreuk (Highland Boundary Fault), 'n groot breuksone wat dwars deur Skotland loop (vanaf Arran en Helensburgh aan die weskus tot Stonehaven in die ooste) en die Skotse Hoog- van die Laagland skei – twee van Skotland se fisiografiese en geologiese hoofstreke.