Lodewyk XIV | |
---|---|
Koning van Frankryk en Navarra | |
Lodewyk XIV van Frankryk Skildery deur Hyacinthe Rigaud (1701) | |
Dinastie | Bourbon |
Bewind | 14 Mei 1643 – 1 September 1715 |
Kroning | 7 Junie 1654 |
Gebore | 5 September 1638 |
Château de Saint-Germain-en-Laye, Saint-Germain-en-Laye, Frankryk | |
Gesterf | 1 September 1715 |
Paleis van Versailles, Versailles, Frankryk | |
Saint Denis Basiliek, Saint-Denis, Frankryk | |
Voorganger | Lodewyk XIII |
Opvolger | Lodewyk XV |
Gade | Maria Theresa van Spanje Françoise d'Aubigné |
Kinders | Louis, le Grand Dauphin Prinses Anne Élisabeth Prinses Marie Anne Prinses Marie Thérèse Philippe Charles, hertog van Anjou Louis François, hertog van Anjou |
Vader | Lodewyk XIII |
Moeder | Anna van Oostenryk |
Lodewyk XIV (* 5 September 1638, † 1 September 1715), ook bekend as die Sonkoning (Frans: le Roi-Soleil), was koning van Frankryk en Navarra.
Hy het reeds op vierjarige leeftyd aan die bewind gekom onder regentskap van die Italiaanse kardinaal en minister Mazarin. Ná Mazarin se afsterwe in 1661 het hy self geregeer. Sy regeringstyd van 72 jaar, 3 maande en 18 dae was een van die langstes in die gedokumenteerde geskiedenis van Europese monargieë.