Vodacom Loftus Versfeld | ||
Vorige name | Minolta Loftus, Securicor Loftus, Oostelike Sportgronde | |
---|---|---|
Ligging | Pretoria, Suid-Afrika | |
Koördinate | 25°45′11.57″S 28°13′22.75″O / 25.7532139°S 28.2229861°O | |
Eienaar | Blou Bulle Maatskappy (Edms.) Bpk | |
Kapasiteit | 51 762 (vir sokker en rugby) | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Eerste sooi gespit | 1906 | |
Gebou | 1914 | |
Geopen | 1923 | |
Renovasie | 1972, 1974, 1977, 1984, 1989, 1995, 2009 | |
Huurders | ||
Die Blou Bulle Bulls (Superrugbyspan) Kaizer Chiefs en Mamelodi Sundowns sokkerklubs |
Loftus Versfeld is 'n sportstadion in Pretoria, Suid-Afrika. Die stadion het sitplek vir 51 762 mense en het ook losies en 'n verskeidenheid ander fasiliteite. Dit is vernoem na Robert Loftus Owen Versfeld, die stigter van die Pretoriase sportorganisasie. Dit is die tuisveld van twee rugbyklubs (Blou Bulle en Bulls) en twee sokkerklubs (Kaizer Chiefs en Mamelodi Sundowns).
Klein verbouings is aangebring om Loftus Versfeld tydens die eerste en tweede rondtes van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 te kon gebruik.[1][2] Verligting van die veld, klanktoerusting, telborde en die stadion se dak is verbeter. Die opknappings is in Januarie 2009 voltooi.[3][4]
Die stadion se hoofingang is by Kirknessstraat 440, en is geleë in 'n driehoek tussen Arcadia, Sunnyside en Hillcrest, aangrensend aan die Universiteit van Pretoria en Afrikaanse Hoër Seunskool.