Die Londense Sendinggenootskap is in 1795 in Londen as reuse- vrywillige vereniging gestig deur leiers van die Onafhanklike Kerke, wat met die Anglikaanse Kerk en Presbiteriaanse Kerk saamgespan het om die evangelie aan die heidene te bring.
Die genootskap het denominasionalisme verwerp omdat die leiers geglo het bekeerlinge kan self kies watter kerkverband vir hulle die meeste ooreenkom met die Woord van die Here. In 1818 aanvaar die genootskap die naam London Missionary Society (LSM).
Baie van die eerste sendelinge was afkomstig uit Skotland of Europa en was lekepredikers. Hulle moes na regte onder 'n predikant werk, maar dié situasie het verander weens die opkoms van die mediese sendingaksies. Sedert die begin van die 19de eeu het die LSM sy optrede op die Stille Oseaan en Suider-Afrika toegespits.
In 1966 smelt die LSM saam met die Commonwealth Missionary Society en vorm die Congregational Council for World Mission (CCMW), wat dui op die noue verband wat nog altyd tussen die LSM en die Kongregasionalistiese Kerk bestaan het. In 1977 ontstaan die Council for World Mission toe die Presbyterian Board of Missions by die CCMW inskakel.[1]