Louis Trichardt Makhado (2003–2007) | |
---|---|
Lugfoto van Louis Trichardt | |
Koördinate: 23°03′0″S 29°54′0″O / 23.05000°S 29.90000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Limpopo |
Distrik | Vhembe |
Munisipaliteit | Makhado |
Stigting | 1899 |
Oppervlak | |
• Totaal | 56,42 km2 (21,78 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 25 360 |
• Digtheid | 449/km2 (1 160/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 20.0% |
• Indiërs/Asiërs | 5.7% |
• Bruin mense | 1.3% |
• Swart mense | 72.7% |
• Ander | 0.3% |
Taal (2011) | |
• Venda | 39.5% |
• Afrikaans | 22.8% |
• Engels | 11.7% |
• Noord-Sotho | 6.6% |
• Ander | 19.4% |
Poskode (strate) | 0920 |
Poskode (posbusse) | 0920 |
Skakelkode | 015 |
Louis Trichardt is 'n dorp in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Dit lê aan die voet van die Soutpansberg wat 'n vrugbare gebied is vir die verbouing van lietsjies, piesangs, veselperskes en neute. Dit is in Februarie 1899 gestig.
Die argitek van onder meer die Voortrekkermonument, Gerard Moerdijk, het die kerkgebou van die NG gemeente Louis Trichardt ontwerp. Dit is feitlik presies dieselfde ontwerp as dié wat gebruik is vir die kerkgebou van die NG gemeente Harare.
Louis Trichardt is vernoem na die Voortrekkerleier Louis Tregardt. Die amptelike naam is op 20 Junie 2003 verander na Makhado, maar dié verandering is in 2007 deur die appèlhof omgekeer toe beslis is dat daar nie voldoende konsultasie met die gemeenskap was nie. Die aanvanklike naamsverandering was nie net ongewild by Afrikaners nie, maar ook by die BaPedi en Shangaan, wat die eertydse Vendaleier, Makhado, as 'n onderdrukker beskou.