Deelstaat Louisiana State of Louisiana État de Louisiane | |||||
| |||||
Bynaam(e): Pelican State | |||||
Amptelike taal(e) | Geen; Engels en Frans de facto | ||||
Gesproke taal(e) | Engels 91,2%, Frans 4,8% | ||||
Hoofstad | Baton Rouge | ||||
Grootste stad | New Orleans | ||||
Area | 31ste in die V.S. | ||||
- Totaal | 135 382 km2 | ||||
- Wydte | 210 km | ||||
- Lengte | 610 km | ||||
- Water | 21 455 km2 | ||||
- % water | 15 % | ||||
- Breedtegraad | 29°N tot 33°N | ||||
- Lengtegraad | 89°W tot 94°W | ||||
Bevolking | 22ste in die V.S. | ||||
- Totaal | 4 649 676 (2014 skatting) | ||||
- Digtheid | 41,2/km2 22ste in die V.S. | ||||
Hoogte | |||||
- Hoogste punt | Driskillberg, Bienville Parish 163 m | ||||
- Gemiddeld | 30 m | ||||
- Laagste punt | New Orleans -2.5 m | ||||
Toetrede tot die Unie | 30 April 1812 (18de) | ||||
Goewerneur | Jeff Landry (R) | ||||
Luitenant-Goewerneur | Billy Nungesser (R) | ||||
Wetgewer | Louisiana Wetgewer | ||||
- Hoërhuis | Senaat | ||||
- Laerhuis | Huis van Verteenwoordigers | ||||
V.S. Senatore | Bill Cassidy (R) John Kennedy (R) | ||||
Tydsone | Sentrale Standaardtyd: UTC -6 / Somertyd -5 | ||||
Afkortings | LA US-LA | ||||
Webblad | www.louisiana.gov |
Louisiana (Engels: [luˌiːziˈænə], of [ˌluːziˈænə], ; Frans: Louisiane, [lwizjan], ; Spaans: Luisiana, [lwiˈsjana]; Louisiaanse kreools: Lwizyàn), amptelik die Deelstaat Louisiana (Engels: State of Louisiana; Frans: État de la Louisiane; Spaans: Estado de Luisiana; Louisiaanse kreools: Létat de Lalwizyàn), is 'n deelstaat in die suide van die Verenigde State. Louisiana word in die noorde deur die deelstaat Arkansas, in die weste deur die deelstaat Texas, in die ooste deur die deelstaat Mississippi en in die suide deur die Golf van Meksiko begrens. Die staat lê in die subtropiese klimaatsone met baie warm, lang somers en gematigde winters. Die gebied word dikwels deur verwoestende orkane getref.
Louisiana is danksy die erfenis van die Franse koloniale tydperk uniek onder die Amerikaanse deelstate. Terwyl daar geen amptelike taal is nie, erken sy regstelsel sowel Engels as Frans. Engels is vandag die omgangstaal van die oorgrote meerderheid van die bevolking. Tog word oorblyfsels van die Franse taal in die plaaslike dialekte en talle plekname bewaar en praat ongeveer 215 000 inwoners Frans as moedertaal. Die getal deelstaatbewoners van Franse of Frans-Kanadese afkoms is in die sensus van 2000 as 524 258 bepaal.