Lys van Formule Een-bane

Ligging van renbane wat 'n Grand Prix aangebied het. Gasheerlande vir huidige Formule Eenseisoen is in groen aangedui. Voormalige gasheerlande is in donkergrys aangedui.

Formule Een (amptelik FIA Formula One World Championship), dikwels afgekort as F1, is die hoogste klas enkelsitplek-oopwielmotorrenne gedefinieer deur die Fédération Internationale de l'Automobile (FIA), motorsport se wêreldbeheerliggaam.[1]Dit is gebaseer rondom 'n reeks wedrenne (20 in 2017), bekend as grand prix, op doelgemaakte bane of afgesperde strate.

Die eerste Wêreldkampioenskaps-Grand Prix is in 1950 by die Silverstone-renbaan in Engeland gehou; sedertdien het 71 bane reeds 'n Grand Prix gehuisves. Sommige bane, soos bv. die Nürburgring, het Grands Prix op verskillende uitlegte aangebied.[2] Die sport se renbane is tradisioneel in Europa gesentreer, wat ongetwyfeld nog steeds sy leiersmark is, maar wedrenne is ook al gehou in die Amerikas, Afrika, Asië en Australië. Nuwer wedrenne word in Aboe Dhabi, Bahrein, Maleisië, Turkye en China gehou.[3]

Die Autodromo Nazionale Monza het die meeste Grands Prix ter wêreld gehuisves; dit het die Italiaanse Grand Prix reeds 64 keer aangebied.[4] Die Sochi Autodrom het die 70ste baan geword om 'n Grand Prix aan te bied, die 2014 Russiese Grand Prix, en die Bakoe-straatrenbaan die 71ste baan vir die 2017 Azerbeidjanse Grand Prix.

  1. "About FIA" (in Engels). Fédération Internationale de l'Automobile (FIA). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 November 2012. Besoek op 31 Oktober 2008.
  2. Hughes & Tremayne 2002, p. 76
  3. Gill, Pete (31 Oktober 2011). "A truly global sport" (in Engels). Sky Sports. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2015. Besoek op 18 Junie 2012.
  4. "Facts and figures – Italian Grand Prix" (in Engels). Formula 1. 7 September 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2014. Besoek op 22 Junie 2012.

Developed by StudentB