Mammoet | |
---|---|
’n Model van ’n mammoet. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Tribus: | |
Genus: | †Mammuthus Brookes, 1828
|
Tipespesie | |
†Mammuthus primigenius | |
Sinonieme | |
|
’n Mammoet is enige spesie van die uitgestorwe genus Mammuthus, wat uitgeken kon word aan hul lang, gekromde tande en, in noordelike spesies, hul wollerige hare. Hulle het in die Plioseen-epog (vanaf sowat 5 miljoen jaar gelede) in Afrika, Europa, Asië en Noord-Amerika voorgekom tot in die Holoseen sowat 4 500 jaar gelede[1] Die oorskot van een van die laaste oorlewende mammoete, wat van 4 300 jaar gelede dateer, is op Wrangeleiland naby Siberië ontdek. Op die Groot Ljachof-eiland is oorskotte gevind waarvan die vel nog vir kloning geskik kan wees en daar word eksperimente op hierdie gebied onderneem.
Mammoete het in die familie Elephantidae voorgekom wat ook die twee genusse moderne olifante en hul voorsate bevat.