Manaslu | |
---|---|
Ligging | Gorkha (Nepal) |
Hoogte | 8 163[1] meter bo seevlak |
Prominensie | 3 092[2] |
Reeks | Himalaja |
Koördinate | 28°32′57″N 84°33′27″O / 28.54917°N 84.55750°O |
Eerste bestyging | 9 Mei 1956 |
Eerste bestyger(s) | Toshio Imanishi Kiishiro Kato Minoru Higeta Gyaldzen Norbu |
Maklikste roete | Sneeu/ys-klim |
Manaslu (Nepalees: मनास्लु, ook bekend as Kutang) is 'n berg in die Himalaja wat net suid van die grens tussen Nepal en Tibet (Volksrepubliek China) geleë is. Met 'n hoogte van 8 163 meter is dit die agste hoogste berg van Asië en die wêreld ná Berg Everest, K2, Kangchenjunga, Lhotse, Makalu, Cho Oyu en Dhaulagiri. Die naam van die berg is afgelei van Sanskrit en beteken "berg van die gees".