Maraton

Atlete in 'n moderne maraton, die 29ste Jaarlikse Marinekorps Maraton in Washington, D.C. (Verenigde State)

Alhoewel die woord maraton soms gebruik word om enige gebeurtenis wat lank aanhou of wat uithouvermoë verg, te beskryf, is 'n maraton tegniesgesproke 'n wedloop oor 'n afstand van 42.195 km (26 myl en 385 treë). 'n Halfmaraton is 21.1km

Die naam van die wedloop gedenk 'n gebeurtenis toe Feidippides, 'n Griekse soldaat wat, volgens Herodotus (boek IV, 105) 'n afstand van ongeveer 230 km (140 myl) gehardloop het vanaf die dorp Marathon na Sparta om hulp te ontbied.[1]

  1. "Vertaling van Herodotus se werk wat die verhaal vertel". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Desember 2016. Besoek op 19 Junie 2008.

Developed by StudentB