Masjienpistool

Sowjetunie Stetsjkin APS en kneldemper APB masjienpistole, in gebruik geneem in 1951.

Moet nie verwar word met semi-outomatiese pistool nie.

‘n Masjienpistool is 'n outomatiese selflaaipistool wat ten volle outomaties kan vuur. Die term kan ook gebruik word om 'n kolflose handwapenstyl submasjiengeweer te beskryf.[1] Die term is 'n leenvertaling van Maschinenpistole, die Duitse woord vir submasjiengewere. Masjienpistole is tydens die Eerste Wêreldoorlog ontwikkel en oorspronklik uitgereik aan Duitse artillerie-spanne wat 'n selfverdedigingswapen nodig gehad het wat ligter as 'n geweer is, maar kragtiger as 'n standaard semi-outomatiese pistool. Hierdie konsep sou uiteindelik lei tot die ontwikkeling van die persoonlike verdedigingswapen of PVW. Vandag word masjienpistole as spesialedoelwapens met beperkte bruikbaarheid beskou, met hul oorspronklike nis wat gevul is met óf die PVW, karabyne, óf bloot meer moderne semi-outomatiese sywapens. Wat bydra tot hul reeds-beperkte gebruik, is dat sonder 'n kolf en opleiding, masjienpistole moeilik is om te beheer vir almal behalwe die beste skuts.

Die Oostenrykers het die wêreld se eerste masjienpistool, die Steyr Repetierpistole M1912/P16, tydens die Eerste Wêreldoorlog bekend gestel. Die Duitsers het ook met masjienpistole geëksperimenteer, deur verskeie soorte semi-outomatiese pistole na voloutomatiese pistole om te skakel, wat gelei het tot die ontwikkeling van die eerste praktiese submasjiengewere. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is die ontwikkeling van masjienpistool wyd verontagsaam ten gunste van massaproduksie van submasjiengewere. Na die oorlog was masjienpistoolontwikkeling beperk en slegs 'n handjievol vervaardigers sou nuwe ontwerpe ontwikkel, met wisselende mate van sukses.

  1. James Smyth Wallace. Chemical Analysis of Firearms, Ammunition, and Gunshot Residue. CRC Press. 2008. bl. xxiii

Developed by StudentB