Max Scheler

Max Scheler
Geboortenaam Max Ferdinand Scheler
Gebore (1874-08-22)22 Augustus 1874
München, Duitse Keiserryk
Oorlede 19 Mei 1928 (op 53)
Frankfurt am Main, Republiek van Weimar
Nasionaliteit Vlag van Duitsland Duitsland
Vakgebied Geskiedenis van idees, teorie van waarde, etiek, Wysgerige antropologie, Bewussynstudies, kulturele kritiek, sosiologie van kennis, geloof
Bekend vir Waarderanglys, emosionele aanvoeling, waardegebaseerde etiek, stratifikasie van emosionele lewe (Scheler), ressentiment
Beïnvloed deur Blaise Pascal, Franz Brentano, Wilhelm Dilthey, Rudolf Eucken, Edmund Husserl, Theodor Lipps, Georg Simmel, Henri Bergson
Invloed op Heidegger, Ortega y Gasset, Martin Buber, Edith Stein

Max Ferdinand Scheler (München, 22 Augustus 1874Frankfurt am Main, 19 Mei 1928) was 'n Joods-Duitse filosoof en sosioloog bekend vir sy werk in die fenomenologie en die wysgerige antropologie. Hy word soms beskryf as die "eerste fenomenoloog" na Edmund Husserl of die "katolieke Nietzsche." José Ortega y Gasset noem hom "die eerste mens in die filosofiese paradys." In sy filosofie lê hy veral die nadruk op begrippe soos liefde, God, waarde en persoon. In sy tyd was hy een van die bekendste en invloedrykste filosowe, maar tans is hy nie meer so bekend nie.


Developed by StudentB