Media24 | |
Tipe | Media |
---|---|
Gestig | 18 Desember 1914 (stigting van Naspers) 1 Augustus 2000 (stigting van Media24) |
Hoofkantoor | Kaapstad, Wes-Kaap, Suid-Afrika |
Sleutelpersone | Ishmet Davidson |
Gebied bedien | Suid-Afrika |
Industrie | Koerante |
Produkte | Uitgewery, Drukkery, Verspreider |
Inkomste | R5,5 miljard (2010) |
Moedermaatskappy | Naspers |
Webwerf | media24.com |
Media24 is een van die toonaangewende publikasiegroepe in Afrika. Die groep het belange in koerante, tydskrifte, internet besighede, uitgewerye, private onderwys, drukperse en verspreidingsmaatskappye. Baie van dié publikasies en besighede is bekroonde leiers op hul onderskeie terreine. Media24 het ook talle internasionale en plaaslike sustermaatskappye in die mediabedryf deur sy beheermaatskappy, Naspers.