Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Saoedi-Arabië |
Provinsie | Madinah |
Koördinate | 24°28′N 39°36′O / 24.467°N 39.600°O |
Stigting | 6de eeu v.C. |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 589 vk km |
Hoogte bo seevlak | 608 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2006) | 1 300 000 |
- Bevolkingsdigtheid | 2 207/vk km |
Tydsone | UTC +3 |
Burgemeester | Abdulaziz Bin Majid |
Amptelike webwerf | amana-md.gov.sa |
Medina (Arabies: المدينة المنورة, ook Medina, die Verligte) is die tweede heiligste stad van die Islam en lê in Saoedi-Arabië.[1] Medina het in 2006 'n bevolking van 1 300 000 gehad en het 'n oppervlakte van 589 km². Die Moskee van die Profeet in Medina is deel van die hadj, die Islamitiese bedevaart. Medina is een van die twee stede waar Mohammed die Koran van Allah ontvang het. Met die vlug van Mohammed uit Mekka in 622 begin die Islamitiese kalender. In 632 sterf Mohammed in Medina. Tradisioneel is die stad vir nie-Moslems gesluit.