Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van Spaans-Amerikaanse Onafhanklikheidsoorloë | |||||||
Die Slag by Monte de las Cruces. | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Meksiko
|
Spanje
| ||||||
Aanvoerders | |||||||
Miguel Hidalgo y Costilla (†) José María Morelos (†) Francisco Javier Mina (†) Vicente Guerrero Agustín de Iturbide |
Francisco Javier Venegas Ignacio Elizondo (†) Juan Ruiz de Apodaca Félix María Calleja del Rey Francisco Novella Azabal Pérez y Sicardo Juan O'Donojú Ciriaco del Llano José Gabriel de Armijo José Antonio Andrade Anastasio Bustamante y Oseguera | ||||||
Sterkte | |||||||
23 100-100 000 | 17 000 | ||||||
Ongevalle en verliese | |||||||
onbekend | 2 000 |
Die Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog (Spaans: Guerra de independencia de México) was 'n oorlog in Noord-Amerika, tussen Nieu-Spanje (tans Meksiko) en Spanje, wat op 16 September 1810 met 'n Rebellie onder Miguel Hidalgo begin en op 27 September 1821 met die onafhanklikheid van Meksiko geëindig het. Ná die oorlog is die Eerste Meksikaanse Keiserryk (1821–1823) onder Agustín de Iturbide gestig. Spanje het die Meksikaanse onafhanklikheid eers op 28 Desember 1836 erken en het sy eiendom vir 'n hoë prys aan die Meksikaanse staat verkoop, waaronder die land in die daaropvolgende eeu gely het, een van die redes vir die Meksikaanse Rewolusie tussen 1910 en 1920.
Reeds ná die Spaanse verowering van die Asteekse Ryk deur Hernán Cortés het sy seun Martín Cortés 'n Rewolusie teen die Spaanse oorheersing gelei, om die voorregte van die conquistadores uit te skakel.[1]
Ná 'n mislukte opstand teen die Spanjaarde in 1799,[2] wat deur die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog in 1776 en die Franse Rewolusie in 1789 geïnspireer is, het op 16 September 1810 die Grito de Dolores of roep ná onafhanklikheid begin, wat in die huidige Meksiko as begin van die Onafhanklikheidsoorlog beskou word. Soos dit ná die mislukte opstand aangedui is, het die onafhanklikheidsbeweging miskien nie voor begin van die oorlog 'n breë ondersteuning onder Meksikane, wat verdeel is in teenstanders van die onafhanklikheid, outonome en rojaliste, gekry nie.