Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Meksiko |
Deelstaat | Distrito Federal |
Koördinate | 19°26′N 99°08′W / 19.433°N 99.133°W |
Stigting van México-Tenochtitlan | 13 Maart 1325[1] |
Stigting van Meksikostad | 13 Augustus 1521[2] |
Stigting van die Federale Distrik | 18 November 1824[3] |
Stigting van Meksikostad | 29 Januarie 2016[4] |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 1 485 vk km[5] |
Hoogte bo seevlak | 2 240–3 930 m[6] |
Bevolking: | |
- Totaal (2020) | 9 209 944[7] |
- Bevolkingsdigtheid | 6 200/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 21 804 515[8] |
Tydsone | UTC-6 (CST) |
Somertyd | UTC -5 (CDT) |
Klimaat | |
- Tipe | Subtropiese klimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 16 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | 13 / 19,5 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 832 mm |
Burgemeester | Claudia Sheinbaum (Morena) |
Amptelike webwerf | cdmx.gob.mx |
Meksikostad of Mexikostad (Spaans: Ciudad de México, [sjuˈða(ð) ðe ˈmexiko], , afgekort: CDMX; Nahuatl: Altepetl Mexico) is die hoofstad en grootste stad van Meksiko, wat nie deel uitmaak van een van die 31 Meksikaanse deelstate nie, maar in die Federale Distrik geleë is. Die stad is die setel van die federale magte van Meksiko[9] en dié land se belangrikste politieke, kulturele, opvoedkundige en finansiële sentrum. Die bynaam is La Ciudad de los Palacios (“die stad van paleise”), so genoem deur die Duitse natuurkundige Alexander von Humboldt, wat die stad in die 19de eeu besoek het.
As 'n alfa-wêreldstad[10] is Meksikostad een van Noord-Amerika se belangrikste finansiële sentrums.[11] Dit is geleë in die vallei van Meksiko (Valle de México), 'n groot vallei in die hoë plato by die sentrum van Meksiko, op 'n hoogte van 2240 meter bo seevlak. Die stad bestaan uit 16 munisipaliteite (Spaans: alcaldías).
{{cite web}}
: |author=
has generic name (hulp)