Melbourne | |
---|---|
Stad | |
Melbourne | |
Ligging van Melbourne | |
Kaart van Melbourne | |
Koördinate: 37°48′49″S 144°57′47″O / 37.81361°S 144.96306°O | |
Land | Australië |
Deelstaat | Victoria |
Administratiewe verdeling | 31 Local Government Areas |
Stigting | 30 Augustus 1835 |
Regering | |
• Burgemeester | Robert Doyle |
Oppervlak | |
• Stedelik | 8 806 km2 (4 055,9 vk. myl) |
Hoogte | 31 m (102 ft) |
Bevolking | |
• Stad | 5 096 298 (2 021) |
Tydsone | AEST (UTC+10) |
Webwerf | City of Melbourne |
Melbourne (Engels: [ˈmɛlbərn], ) is die hoofstad van die Australiese deelstaat Victoria en die tweede grootste stad in Australië naas Sydney met 'n bevolking van meer as vyf miljoen volgens die 2021-sensus.
Die nedersetting is in 1835 deur 'n groep koloniste uit Tasmanië op die oewers van die Yarrarivier gestig. In 1842 word dit as 'n stad geproklameer.
Melbourne is 'n multikulturele stad wat mense van orals oor die wêreld verwelkom. Dit is bekend vir sy tremme. Die stad het verskeie groot parke en ook 'n paar strande.
Melbourne was een van die Australiese gasheerstede tydens die Krieketwêreldbeker 1992, Rugbywêreldbeker 2003, Krieketwêreldbeker 2015 en T20I-wêreldbeker 2022. Die Olimpiese Somerspele 1956 is ook hier gehou. In Januarie word jaarliks vir twee weke een van die mees prestigeryke kampioenskappe in professionele tennis aangebied: Die Australiese Ope. Dit vorm saam met die Franse Ope, VSA-Ope en Wimbledon-kampioenskap die vier "Grand Slam"-toernooie van elke jaar.