Mengzi 孟子 | |
Mencius, by Myths and Legends of China, 1922 deur E.T.C. Werner
| |
Gebore | 372 v.C. |
---|---|
Oorlede | 289 v.C. (op 83) |
Vakgebied | Etiek, sosiale filosofie, politieke filosofie |
Bekend vir | Konfusianisme |
Beïnvloed deur | Konfusius |
Invloed op | Byna elke oostelike filosoof |
Mengzi (Meester Meng) (Mencius (latinisering): 372 v.C.– 289 v.C.) was 'n Chinese filosoof tydens die Periode van die Strydende State en word sedert die 12de eeu beskou as dié belangrikste Konfusianistiese denker naas Konfusius self. Hy benadruk die oorspronklike goedheid van die menslike natuur en die invloed wat eksterne faktore kon hê op die ontwikkeling daarvan. Hy sistematiseer die Konfusianisme se deugdeleer tot vier hoofdeugde, (mede)menselikheid, pligsgetrouheid, seremoniële gedrag en insig. In sy siening van die staat stel hy dat heersers 'n konstante sorg vir die bevolking moet hê en dit uitvoer deur die 'n 'humanistiese' politiek te volg. Sy uitsprake het bewaar gebly in Die Mencius.