Mercedes-Benz OM642-enjin

  Mercedes-Benz OM642-enjin
Oorsig
Vervaardiger Daimler AG
Produksietyd 2005-
Konfigurasie 72° V6
Afmetings
Inhoudsmaat 3,0 L; 182,3 cu in (2 987 cc)
Boorwydte 83 mm (3,27 in)
Slaglengte 92 mm (3,62 in)
Drukverhouding 18.0:1
Massa 208 kg
Blok Aluminium
Kopstuk Aluminium
Stelsels
Klepwerking DOHC 4 kleppe per silinder
Brandstoftipe Diesel
Turboaanjaer Garrett GT2056VK
Brandstofstelsel gemenedrukbuis
brandstofinspuiting
Verkoelingstelsel Waterverkoel
Enjinlewering
Kraglewering Europese modelle: 195 kW. VSA: 157 kW. Mercedes/Dodge Sprinter: 140 kW.
Wringkrag 540–620 Nm. Mercedes/Dodge Sprinter: 440 Nm.
Plek in geskiedenis
Voorganger Mercedes-Benz OM648-enjin
Opvolger Mercedes-Benz OM656-enjin

Die Mercedes-Benz OM642-enjin is 'n 2 987 cc (3,0 L), 24-klep 72° V6-dieselenjin wat deur die Mercedes-Benzafdeling van Daimler AG vervaardig word as plaasvervanger vir die vorige generasie Mercedes-inlynvyfsilinder en inlynsessilinderenjins.[1]

Die enjin met 'n aluminiumblok en aluminiumkoppe gebruik gemenedrukbuisbrandstofinspuiting en 'n veranderlike turboaanjaer. Die inspuitstelsel werk teen 1 600 bars (23 000 psi), terwyl die kompressieverhouding 18,0:1 is.[1] Die enjin het 'n teenroterende balanseeras wat tussen die silinderbanke gemonteer is om die vibrasie wat inherent aan die 72-grade V6-ontwerp is, uit te kanselleer, en die krukpennetjies word 48 grade geplaas om 120 grade-vuurintervalle te bewerkstellig. In sommige swaarvoertuigtoepassings word Mercedes se Bluetec AdBlue ureuminspuiting aangewend vir NOx-vermindering. By ligter voertuigtoepassings vang 'n NOx-bergingskatalisator stikstofoksiede vas wat periodiek gesuiwer word (ontbind) deur die enjin effens ryk te laat loop. 'n Deeltjiefilter verlaag roet en maak hierdie enjin ULEV-gesertifiseer.[2] Die enjin se massa is 208 kg. Die kraglewering is 165 kW en 510 Nm draaimoment. Vir die 2007-modeljaar is die wringkrag verhoog tot 540 Nm.

  1. 1,0 1,1 "05_kompact_en.doc" (PDF). ourexcellentadventures.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 4 Julie 2008. Besoek op 13 Februarie 2009.
  2. "Motive Magazine ULEV certification, Diesel Car Bomb BlueTec". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Oktober 2008. Besoek op 18 April 2009.

Developed by StudentB