Messier 3 | ||||
Soort stelsel | Bolswerm | |||
Sterrebeeld | Jaghonde | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 13h 42m11,62s | |||
Deklinasie | -28º 22' 38,2" | |||
Skynmagnitude | 7 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 33 900 | |||
Ander name | M3, NGC 5272 | |||
|
Messier 3 of M3 (ook bekend as NGC 5272) is ’n bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Jaghonde. Dit is op 3 Mei 1764 deur Charles Messier ontdek[1] en William Herschel het omstreeks 1784 die verskillende sterre onderskei. Sedertdien is dit een van die bes bestudeerde bolvormige sterreswerms. Die identifikasie van die swerm se besonder groot getal veranderlike sterre is in 1913 begin deur die Amerikaanse sterrekundige Solon Irving Bailey, en nuwe sterre is tot in 2004 steeds ontdek.[2]
Baie amateursterrekundiges beskou dit as die beste noordelike bolvormige sterreswerm naas Messier 13.[3] M3 het ’n skynbare magnitude van 6,2,[4] wat dit moeilik maak om dit selfs in baie donker toestande met die blote oog te sien. Die swerm het ’n helder kern van sowat 6 boogminute en strek altesaam 12 boogminute ver in die ruimte.[3]
Messier 3, wat sowat 33 900 ligjare van die Aarde af is, is een van die grootste en helderste sterreswerms. Dit bevat sowat 500 000 sterre en is 8 miljard jaar oud.