Messier 87

Messier 87
Messier 87 soos afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop.
Messier 87 soos afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop.
Soort stelsel Elliptiese sterrestelsel
Sterrebeeld Maagd
Tipe E+0-1 pec, NLRG Sy
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 12h 30m 49,4s
Deklinasie +12º 23' 28,04"
Skynmagnitude 9,59
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 53,5 miljoen
Skynbare grootte  8,3 × 6,6 boogminute
Rooiverskuiwing  0,004360 ± 0,000022
Ander name M87, Virgo A, NGC 4486, UGC 7654, PGC41316, Arp 152
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Messier 87 of M87 (ook bekend as Virgo A of NGC 4486) is ’n elliptiese sterrestelsel in die sterrebeeld Maagd. Dit is in 1781 deur Charles Messier ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.

M87 is die tweede helderste sterrestelsel in die noordelike Virgo-sterrestelselswerm en is sowat 53,5 miljoen ligjare van die Aarde af.[1][2] Daar is ’n supermassiewe swartkolk in die kern. Enige stof wat in die stelsel gevorm word, word binne 46 miljoen jaar vernietig deur die X-straal-emissie van die kern, hoewel optiese stoffilamente waargeneem is. ’n Abnormale aantal bolvormige sterreswerms, sowat 12 000, wentel om die stelsel – in vergelyking met 150-200 om die Melkweg.

As een van die grootste elliptiese sterrestelsels naby die Aarde en een van die helderste radiobronne in die lug, is M87 ’n gewilde voorwerp om te bestudeer onder beide professionele sterrekundiges en amateurs.

In 1919 het ’n supernova ’n fotografiese magnitude van 21,5 bereik, maar dit is eers later ontdek toe die Russiese sterrekundige Innokenti A. Balanofski die fotografiese plate in 1922 bestudeer het.[3][4]

Die Amerikaanse sterrekundige Edwin Hubble het Messier 87 as een van die helderste bolvormige newels geklassifiseer omdat dit nie ’n spiraalstruktuur gehad het nie.[5] Teen 1931 het Hubble M87 as ’n lid van die Virgo-stelsel geïdentifiseer en vir jare daarna is dit steeds ’n ekstragalaktiese newel genoem. In 1956 is dit egter as ’n tipe E0-sterestelsel geëien.[6]

In 1947 is ’n prominente radiobron geïdentifiseer in die ligging van M87, en dit is Virgo A genoem.[7] Teen 1953 is die radiobron geïdentifiseer as M87.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named aaa524_1
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named aj94
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named pasp35_207
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named sa24
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named apj56
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named apj124_416
  7. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named ajsra3

Developed by StudentB