Miltsiekte (antraks) is 'n infeksie wat veroorsaak word deur die bakterie Bacillus anthracis.[1] Dit kan in vier vorme voorkom: vel, longe, derm en inspuiting.[2] Simptome begin tussen een dag tot meer as twee maande nadat die infeksie opgedoen is.[3] Die velvorm het 'n klein blaas met omliggende swelling wat dikwels in 'n pynlose ulkus met 'n swart senter verander.[3] Die inaseming vorm presenteer met koors, borspyn, en kortasem.[3] Die dermvorm vertoon met diarree wat bloed, buikpyne, naarheid en braking kan bevat.[3] Die inspuitingvorm vertoon koors en 'n abses op die plek van inspuiting.[3]
Miltsiekte word versprei deur kontak met die bakterie se spore, wat dikwels in aansteeklike diereprodukte voorkom.[4] Kontak is deur asem te haal, te eet, of deur 'n area van gebreekte vel.[4] Dit versprei nie tipies direk tussen mense nie.[4] Risikofaktore sluit in mense wat met diere of diereprodukte werk, reisigers, poswerkers en militêre personeel.[5] Diagnose kan bevestig word deur teenliggaampies of die toksien in die bloed te vind of deur 'n monster van die besmette plek te kweek.[6]
Miltsiekte-inenting word aanbeveel vir mense wat 'n hoë risiko van infeksie het.[5] Die immunisering van diere teen miltsiekte word aanbeveel in gebiede waar vorige infeksies voorgekom het.[4] 'n Twee maande lange kursus van antibiotika soos siprofloksasien, levofloksasien en doksisiklien na blootstelling kan ook infeksie voorkom.[7] As infeksie voorkom, is behandeling met antibiotika en moontlik antitoksien.[8] Die tipe en aantal antibiotika wat gebruik word, hang af van die tipe infeksie.[7] Antitoksien word aanbeveel vir diegene met wydverspreide infeksie.[7]
Alhoewel 'n seldsame siekte is, is menslike miltsiekte, wanneer dit wel voorkom, die algemeenste in Afrika en Sentraal- en Suider-Asië.[9] Dit kom ook meer gereeld in Suid-Europa as elders op die vasteland voor, en is ongewoon in Noord-Europa en Noord-Amerika.[10] Wêreldwyd kom minstens 2 000 gevalle per jaar voor met ongeveer twee gevalle per jaar in die Verenigde State.[11][12] Velinfeksies verteenwoordig meer as 95% van gevalle.[13] Sonder behandeling is die risiko van dood as gevolg van vel miltsiekte 24%.[7] Vir derminfeksie is die risiko van dood 25 tot 75%, terwyl respiratoriese miltsiekte 'n mortaliteit van 50 tot 80% het, selfs met behandeling. [7][13]Tot die 20ste eeu het miltsiekte infeksies honderdduisende mense en diere elke jaar doodgemaak.[14] Miltsiekte is deur 'n aantal lande as 'n wapen ontwikkel.[13] By plantvretende diere vind infeksie plaas wanneer hulle die spore eet of inasem terwyl hulle wei.[9] Diere kan besmet raak deur besmette diere te eet.[9]
{{cite web}}
: Gaan datum na in: |accessdate=
(hulp)