| |||||||||||||||||||||||||
| |||||||||||||||||||||||||
Die Mogolryk tydens die heerskap van Aurangzeb ca. 1700. | |||||||||||||||||||||||||
Hoofstad | Agra (1526–1571) Fatehpur Sikri (1571–1585) Lahore (1585–1598) Agra (1598–1648) Shahjahanabad/Delhi (1648–1857) | ||||||||||||||||||||||||
Taal/Tale | Persies (amptelike en hoftaal)[1] Tsjagatais (net aanvanklik) Oerdoe (later tydperk) | ||||||||||||||||||||||||
Godsdiens | Islam (1526–1857) Din-e Ilahi (1582–1605) | ||||||||||||||||||||||||
Regering | Monargie | ||||||||||||||||||||||||
Keiser[2] | |||||||||||||||||||||||||
- 1526–1530 | Babur (eerste) | ||||||||||||||||||||||||
- 1837–1857 | Bahadur Shah II (laaste) | ||||||||||||||||||||||||
Historiese tydperk | Nuwe Tyd | ||||||||||||||||||||||||
- Eerste Slag van Panipat | 21 April 1526 | ||||||||||||||||||||||||
- Indiese opstand | 10 Mei 1857 | ||||||||||||||||||||||||
- Beleg van Delhi | 21 September 1857 | ||||||||||||||||||||||||
Oppervlakte | |||||||||||||||||||||||||
- 1700[3][4] | 3 200 000 km2 1 235 527 sq mi | ||||||||||||||||||||||||
Bevolking | |||||||||||||||||||||||||
- 1700[3][4] skatting | 150 000 000 | ||||||||||||||||||||||||
Digtheid | 46,9 /km² 121,4 /sq mi | ||||||||||||||||||||||||
Geldeenheid | Roepee | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Mogolryk (Oerdoe: مغلیہ سلطنت, Mug̱ẖliyah Salṭanat;[5] Persies: گورکانیان, Gūrkāniyān)[6] was 'n ryk wat deur die Persiese kultuur beïnvloed is[7][8] en oor groot dele van die Indiese subkontinent gestrek het. Dit is deur 'n dinastie van Mongoolse en Tsjagatai-Turkse oorsprong regeer.[9][10][11] Die Mogolryk het tussen 1526 en 1857 bestaan. Die hoofgrondgebied van die ryk was op die Noord-Indiese Indus-Ganges-vlakte rondom die stede Delhi, Agra en Lahore geleë. Op die hoogtepunt van sy mag in die 17de eeu het die Mogolryk byna die hele subkontinent en dele van die hedendaagse Afghanistan beheer. Op 3,2 miljoen vierkante kilometer het tussen 100 en 150 miljoen mense geleef.
Die heerser is grootmogol of Mogolkeiser genoem. In die staats- en hoftaal, Persies, wat die oorspronklike moedertaal van die Mogols – Tsjagatais, 'n Oos-Turkse taal – vervang het, lui die heerserstitel پادشاه pādšāh. Dit is hoër as die koninklike titel sjah en met 'n keiser vergelykbaar.
Die eerste grootmogol, Baboer (1526–1530), 'n vors van Sentraal-Asiatiese oorsprong van die Timoeriede-dinastie,[12] het vanuit die gebied van die huidige lande Afghanistan en Oesbekistan die Sultanaat Delhi verower. Akbar die Grote (1556–1605) word as die belangrikste Mogol-heerser beskou. Hy het die ryk militaristies, polities en ekonomies gevestig. Onder Aurangzeb (1658–1707) het die Mogolryk sy grootste uitbreiding beleef. Sy territoriale uitbreiding het hom egter finansieel en militêr geknou, waardeur die ryk in die loop van die 18de eeu tot 'n plaaslike mag binne Indië se politiese struktuur gekrimp het. Verskeie swaar militêre nederlae teen die Marathi, Perse en Afghane, asook die intensifisering van godsdienstige botsings in die binneland tussen die Moslemse "regerende kaste" en die onderworpe meerderheid van die bevolking van landelike Hindoes, het verder sy ondergang verhaas. Ná die Indiese opstand van 1857 is Bahadur Shah II, die laaste grootmogol van Delhi, in 1858 deur die Britte veroordeel, van die troon gesit en na Birma verban. Die gebied het vervolgens deel geword van Brits-Indië.
Vir die nageslag het ryke bewyse van 'n argitektuur, skilderkuns en poësie wat deur Persiese en Indiese kunstenaars geïnspireer is, bewaar gebly.
Persianate Mogul Empire.