Mokopane Potgietersrus | |
---|---|
Koördinate: 24°11′S 29°01′O / 24.183°S 29.017°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Limpopo |
Distrik | Waterberg |
Munisipaliteit | Mogalakwena |
Stigting | 1907 |
Regering | |
• Tipe | Plaaslike Munisipaliteit |
• Burgemeester | Rdl. Tlhalefi Mashamaite (ANC) |
Oppervlak | |
• Totaal | 75,13 km2 (29,01 vk. myl) |
Hoogte | 1 130 m (3 710 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 30 151 |
• Digtheid | 401/km2 (1 040/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 27.6% |
• Indiërs/Asiërs | 4.4% |
• Bruin mense | 0.7% |
• Swart mense | 66.7% |
• Ander | 13.8% |
Taal (2011) | |
• Noord-Sotho | 46.5% |
• Afrikaans | 27.8% |
• Engels | 7.4% |
• Tsonga | 4.4% |
• Ander | 13.8% |
Poskode (strate) | 0600 |
Poskode (posbusse) | 0600 |
Skakelkode | 015 |
Webwerf | http://www.mogalakwena.gov.za/ |
Potgietersrus of Mokopane (voorheen Vredenburg, Pieter Potgietersrus en Potgietersrust [2]) is 'n dorp in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Die dorp is oorspronklik deur die Voortrekkers gestig en genoem na die Voortrekkerleier Piet Potgieter. Die naam is in 2003 na Mokopane verander, na die kaptein wat Piet Potgieter vermoor het. Dit is die tuiste van Noord-Ndebelesprekende stamme, asook Engels-, Afrikaans-, Noord-Sotho- en Tsonga-sprekendes.
Daar is vyf koninkryke in die omgewing: Kekana (Moshate), Langa (Mapela), Gegana (Mshade), Lebelo (Garasvlei) en Langa (Bakenburg). Die stad se naam sou eers na Mngombane verander word omdat dit die oorspronklike koning se naam was (en nie Mokopane nie).